wat gebeur in akkerdyk
Ons bevestig wat in 2022 deurgegee is, naamlik dat Ds. Willie einde Februarie 2024 aftree en dat Akkerdyk daarna slegs 1 Leraar permanent sal hê. Ds. Konette sal dus die enigste voltydse Leraar van Akkerdyk vanaf Maart 2024 wees. Die Klipspringer-groep bestuur hierdie prosesse deurlopend en bedien die Kerkraad van sinvolle voorstelle om dit so netjies moontlik af te handel.
Dis wonderlik om te beleef hoeveel positiwiteit daar onder vele Lidmate heers deur die manier hoe julle vir MEKAAR omgee, maar ook betrokke is by die Kerk se Eredienste, Bedieninge en Aktiwiteite. Dankie aan elkeen wat help om Akkerdyk ‘n Bybelse Gemeente van God te probeer maak.
Beskik jy al oor Akkerdyk se Whatsapp nommer en lees jy die inligting wat ons weekliks daaroor vir jou stuur?!
ONS KERKFOON
As jy gereeld vars nuus oor Akkerdyk wil kry, neem asb die volgende stappe:
- Save die nommer op jou foon
- Stuur ‘n WhatsApp met jou naam en van by: 082 232 2424
As jy wenke hieroor het, stuur dit gerus in ‘n epos na die Sekretaresse by info@akkerdykkerk.co.za
Moenie onnodig uitmis op alles wat in Akkerdyk gebeur nie.
Ons is ‘n Gemeente vol sondaars en vol foute, maar ons hou mekaar vas, omdat God óns vashou!
Bogenoemde is maar enkele sakies uit die bedryf van ons Gemeente. Bly dra asseblief Akkerdyk aan God op en bid vir Sy leiding, sorg en geestelike groei hier. Sonder Hom sou ons deure lankal toegemaak het.
Die Here seën jou!
Konette namens die Kerkraad.







