Jou gawes is ‘n geskenk
aan ander.
- Deel 1: 1 Petrus 4 : 10
Die Weskus Kersmark bied ‘n wye verskeidenheid produkte van uitstaande gehalte. Dit bied iets vir ieder en elk en voorsien in elke smaak. Die mark het 3 keuringsprosesse waartydens produkte noukeurig met die hand uitgesoek word. Daar word o.a. gekyk na kwaliteit, bekostigbaarheid en uniekheid. Die Weskus Kersmark is elke jaar soos ‘n “lucky packet”, ‘n mens kan nie wag om te sien waarmee die mark daardie jaar gaan verras nie. Dit doen die mark deur te poog om 30% van sy uistallers met nuwes elke jaar te vervang. Die mark spog ook met warm Weskus vriendelikheid en laat markgangers soos familie voel. Vriendskapsbande word gesmee oor ‘n heerlike koppie boeretroos en ‘n sny kaaskoek in die markkafee.
Hoe word jy deel van Weskus Kersmark:
- Doen aansoek as uitstaller
- Besoek die Kersmark as klient
-
Bid vir die Kersmark se volgehoue sukses
- Kyk na die kontakinligting hoe om lid van die Kersmark “personeel” te word
Doen aansoek:
-
As toesighouer en kontak Anna Brand op 022 715 1447
- As kassier en/of pakker en kontak kerkkantoor op 022 713 1314
Raak betrokke by die Kersmark
Markbestuurder:
Anna Brand
Tel: 022 715 1447
Sel: 083 609 7142