ONS GESKIEDENIS
Waar alles begin het
Oorspronklike het die grond waarop ‘n groot deel van die Gemeente vandag geleë is, aan meneer Stephan, behoort.
Na hul huwelik het Jannie en Sophia Acker sowat 25 morge grond van meneer Stephan gekoop. ‘n Plaashuis, wat vandag nog in die Gemeente geleë is en buitegeboue, is opgerig en ‘n laning bloekombome is aan die suidekant van die huis aangeplant.
Daar het die Ackers hoofsaaklik met melkbeeste geboer in in mindere mate gesaai. Gedurende 1919 verkoop Jannie Acker die kleinhoewe aan J.T.A (Jan Bekkies) Loubser wat die kleinhoewe Ackersdyk doop – vernoem na Jannie en Sophia Acker.
Na verloop van jare het die naam heeltemal ver-afrikaans tot “Akkersdyk”. Op 25 September 1974 is hierdie Gemeente van Moedergemeente afgestig. Toe daar tot ‘n naam besluit moes word vir die nuwe Gemeente, was “Vredenburg – Noord” ‘n voorstel. Aangesien Vredenburg – Saldanha aansienlik sou uitbrei gedurende 1974, sou die Gemeente “Vredenburg – Noord’ later in die middel van die dorp geleë wees. Die naam was dus onaanvaarbaar.
Ouderling C.J.A.F. van der Merwe stel voor dat die nuwe Gemeente “Akkerdyk” heet. Dit word eenparig aanvaar en die trotse Gemeente met die gepaste naam van Vredenburg – Akkerdyk is gebore.
Kom ons wees die "Lig" in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld.
Ons sien uit daarna om julle te ontvang en julle by te staan met enigiets.
Geen navrae is te klein of te groot vir ons nie. Kom loer gerus by ons in as julle weer in Vredenburg is, kom maak kennis met die gemeente, ons ontvang julle graag.